Die verband tussen gesproke en geskrewe taal van leergestremdes

Die ondersoek het dit ten doel gehad om die verband tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosessering te bepaal. Die empiriese opname is deur middel van'n beskikbaarheidseleksie op nege Afrikaanssprekende taalleergestremde leerlinge in graad-twee uitgevoer. Ooreenkomstig voorafbep...

Full description

Bibliographic Details
Main Authors: Idillette Oosthuizen, Brenda Louw, Isabel Uys
Format: Article
Language:English
Published: AOSIS 1995-12-01
Series:South African Journal of Communication Disorders
Subjects:
Online Access:https://sajcd.org.za/index.php/sajcd/article/view/248
Description
Summary:Die ondersoek het dit ten doel gehad om die verband tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosessering te bepaal. Die empiriese opname is deur middel van'n beskikbaarheidseleksie op nege Afrikaanssprekende taalleergestremde leerlinge in graad-twee uitgevoer. Ooreenkomstig voorafbepaalde doelstellings is gesproke taalparameters, geskrewe taalparameters en fonologiese prosesseringsparameters geidentifiseer. Die proefpersone se peil van funksionering op die onderskeie parameters, sowel as die verwantskap tussen die parameters is kwalitatief en kwantitatief ontleed en beskryf. Die resultate van hierdie empiriese opname toon dat betekenisvolle korrelasies tussen gesproke taal, geskrewe taal en fonologiese prosesseringsvaardighede by die betrokke taalleergestremde proefpersone voorgekom het.
ISSN:0379-8046
2225-4765