ʼn Ondersoek na die taalgebruik in Son as verteenwoordigend van Kaaps

Kaaps is een van die oudste variëteite van Afrikaans wat sedert die sewentiende eeu aan die Kaap gepraat is en is vandag steeds die taal van die bruin werkersklas in die Kaapse Skiereiland. Alhoewel dit hoofsaaklik as ʼn gesproke variëteit gebruik word, word dit ook aangewend in die letterkunde. D...

全面介绍

书目详细资料
发表在:Stellenbosch Papers in Linguistics Plus
Main Authors: Blignaut, Joline, Lesch, Harold
格式: 文件
语言:南非荷兰语
出版: Stellenbosch University 2014-12-01
主题:
在线阅读:https://spilplus.journals.ac.za/pub/article/view/628
实物特征
总结:Kaaps is een van die oudste variëteite van Afrikaans wat sedert die sewentiende eeu aan die Kaap gepraat is en is vandag steeds die taal van die bruin werkersklas in die Kaapse Skiereiland. Alhoewel dit hoofsaaklik as ʼn gesproke variëteit gebruik word, word dit ook aangewend in die letterkunde. Dis veral die gebruik van Kaaps in die digkuns en drama van Adam Small wat Kaaps help vestig het in die Afrikaanse literatuur en ʼn nuutgevonde belangsteling in dié variëteit van Afrikaans gebring het. Vandag vind Kaaps neerslag in die teater, musiek, televisie, radio en die gedrukte media. Die doel van die studie is om die gebruik van Kaaps in die poniekoerant Son te ondersoek. Die studie wil bepaal tot watter mate Kaaps in die Son-artikels gebruik word en tot watter mate diglossie voorkom in Son deur die gebruik van Kaaps en Standaardafrikaans in een artikel of binne een uitgawe van Son. Die taalvariasie in Son word vanuit ʼn sosiolinguistiese raamwerk ondersoek as verteenwoordigend van Kaapse Afrikaans. Binne die raamwerk word taal binne die sosiale konteks waarbinne dit voorkom ondersoek. ʼn Gelykevlakbenadering tot taalvariasie word gevolg waar Kaaps beskou word as deel van die spektrum van Afrikaans en nie as ondergeskik tot die standaardvariëteit nie. Son is die eerste Afrikaanse poniekoerant in Suid-Afrika en die eerste koerant wat ʼn informele vorm van Afrikaans gebruik wat deur sommige beskou word as Kaaps. Die doel van die studie is om die taalgebruik in Son te ondersoek in ʼn poging om te bepaal tot watter mate die taalgebruik in Son ʼn getroue weerspieëling van Kaaps is en tot watter mate dit ooreenstem met die taalgebruik van die sprekers van Kaaps. Die ondersoek word gedoen deur ʼn teksanalise van Son-artikels uit verskillende uitgawes van Son. Die bevinding van die studie is dat die taalgebruik in Son nie beskou kan word as ʼn ware weerspieëling van Kaaps nie, maar eerder as ʼn informele Afrikaans wat elemente van Kaaps bevat.
ISSN:1726-541X
2224-3380