“MOENIE OP LAND SEIL NIE”: WYSHEID EN HERMENEUTIEK IN DIE AKOESMATA VAN PITAGORAS

Een van die belangrikste nalatenskappe van die antieke Grieke is dat hulle die basis gelê het vir die moderne wetenskaplike wêreldbeskouing. Die proses waardeur die vroeë Grieke vanaf ’n mitologiese verklaring van die werklikheid tot ’n meer abstrakte, rasionele nadenke oor natuurlike en sosiale ver...

Full description

Bibliographic Details
Published in:Akroterion
Main Author: J.C. Thom
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Stellenbsoch University, Department of Ancient Studies 2012-03-01
Online Access:http://akroterion.journals.ac.za/pub/article/view/85
Description
Summary:Een van die belangrikste nalatenskappe van die antieke Grieke is dat hulle die basis gelê het vir die moderne wetenskaplike wêreldbeskouing. Die proses waardeur die vroeë Grieke vanaf ’n mitologiese verklaring van die werklikheid tot ’n meer abstrakte, rasionele nadenke oor natuurlike en sosiale verskynsels gekom het, het egter nie oornag plaasgevind nie: die tydperk vanaf die eerste natuurfilosoof, Tales, tot Plato en Aristoteles beloop meer as twee eeue. Die ontstaan en verloop van hierdie proses bied vir ons vandag nog belangrike insigte in die aard van menslike denke en in die wyse waarop die mens probeer sin maak van sy fisiese en sosiale omgewing. Ironies genoeg het ons vandag, in die sogenaamde postmoderne tyd, miskien meer waardering vir die kompleksiteit waarmee hierdie vroeë denkers geworstel het as mense van ’n paar dekades gelede.
ISSN:0303-1896
2079-2883