An unlikely union. Exploring the possibilities of Afrikaner and black women’s organisations cooperating in the Women’s National Coalition, 1991-1994

Die Women’s National Coalition (WNC) is in 1992 gestig om gelykberegtiging vir vroue in demokratiese Suid-Afrika te verseker. Inligting oor vroue se behoeftes en aspirasies sou ingesamel word en in ‘n Vrouehandves saamgevat word wat uiteindelik deel van die nuwe grondwet sou word. Op hierdie wyse so...

全面介紹

書目詳細資料
發表在:Contree
主要作者: Loraine Maritz
格式: Article
語言:南非荷兰语
出版: AOSIS 2014-12-01
主題:
在線閱讀:https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/193
實物特徵
總結:Die Women’s National Coalition (WNC) is in 1992 gestig om gelykberegtiging vir vroue in demokratiese Suid-Afrika te verseker. Inligting oor vroue se behoeftes en aspirasies sou ingesamel word en in ‘n Vrouehandves saamgevat word wat uiteindelik deel van die nuwe grondwet sou word. Op hierdie wyse sou vroueregte grondwetlik beskerm word. Die WNC was ‘n African National Congress Women’s League inisiatief. Vroueorganisasies dwarsoor die land is uitgenooi om die politieke arena te betree. Die gevolg was dat ongeveer 100 organisasies by die WNC aangesluit het, van hulle was ongeveer dertien Afrikanervroueorganisasies. Die grootste groepering was Afrikanervroue-kultuurorganisasies. Die verteenwoordigers van die Afrikanerkultuurorganisasies het moeilik by die WNC aangepas. Daar was talle praktiese probleme, maar dit was veral haar gebrek aan politieke vernuf, en die vyandigheid van swart vroue wat die vergaderings van die WNC domineer het, wat haar betrokkenheid in die wiele gery het. Die gedagte het ook by feitlik al die Afrikanervroue ontstaan dat die WNC ‘n politieke rookskerm was vir die ANC om sy magsbasis te versterk. Hierdie artikel ondersoek die moontlikheid of daar wel samewerking tussen Afrikanervroue en swartvroue in die WNC kon wees. Moontlike raakpunte, soos moederskap, patriargie, godsdiens, feminisme, susterskap, ens. word ondersoek. Die slotsom is dat daar nie werklike raakpunte tussen Afrikanervroue en swartvroue in die WNC was nie.
ISSN:0379-9867
2959-510X