Wêreldmededingendheid en die tegnologie

Afgesien van die interne uitdagings wat die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) aan Suid-Afrika bied, moet die land ook tred hou met die veranderende globale omgewing, spesifiek die toenemende belangrikheid van ekonomiese sekuriteit as komponent van nasionale sekuriteit. Die konsep van mededin...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: C. W. I. Pistorius
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 1996-07-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/646
Description
Summary:Afgesien van die interne uitdagings wat die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) aan Suid-Afrika bied, moet die land ook tred hou met die veranderende globale omgewing, spesifiek die toenemende belangrikheid van ekonomiese sekuriteit as komponent van nasionale sekuriteit. Die konsep van mededingendheid vergestalt die doelwit wat nagestreef moet word ten einde die ontluikende globale ekonomiese stryd aan te durf. As ’n belangrike drywer van ekonomiese welvaart is tegnologie een van die belangrikste sleutels tot internasionale mededingendheid. Tegnologiese innovasie is die proses wat as hefboom hiervoor gebruik moet word. Dit is egter nodig dat tegnologie, en spesifiek die proses van tegnologiese innovasie, formeel en gestruktureerd bestuur moet word, sowel op nasionale as firmavlak. Op nasionale vlak is die voorsiene Nasionale Innovasiestelsel beslis ’n stap in die regte rigting.
ISSN:0254-3486
2222-4173