Volhoubare landgebruik en grondkwaliteit: organiese materiaal as indikator
In hierdie oorsig word die jongste benadering tot volhoubare landgebruik en die rol wat grondkwaliteit daarin speel kortliks bespreek. Die vereistes waaraan indikators moet voldoen om die kwaliteit van grond en die volhoubaarheid van landgebruik sinvol te evalueer word ook toegelig. Daarna word...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
South African Journal of Science and Technology
2003-09-01
|
Series: | South African Journal of Science and Technology |
Online Access: | http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/219 |
Summary: | In hierdie oorsig word die jongste benadering tot volhoubare landgebruik en die rol wat grondkwaliteit daarin speel kortliks bespreek. Die vereistes waaraan indikators moet voldoen om die kwaliteit van grond en die volhoubaarheid van landgebruik sinvol te evalueer word ook toegelig. Daarna word die prosesse van fisiese, chemiese en biologiese gronddegradasie gegee. ’n Kort bespreking volg hierna oor die omvang van fisiese en chemiese gronddegradasie in Suid-Afrika waaroor daar betroubare inligting is. Biologiese gronddegradasie word meer volledig behandel. Die rol van grondorganiese materiaal in biogeochemiese siklusse kry eers aandag. Daarna word die invloed van verskillende landgebruikstelsels in die sentrale gebiede van Suid-Afrika op die organiese materiaalinhoud en gevolglik die stikstof-, fosfor- en swawelreserwes van gronde aan die hand van enkele voorbeelde bespreek. Die slotsom is dat organiese materiaal ’n baie belangrike indikator van grondkwaliteit en dus ook van volhoubare landgebruik is. |
---|---|
ISSN: | 0254-3486 2222-4173 |