Die uitdaging van die ateïsme en antiteïsme: ’n Teologiese gesprek met Armando Pellencin oor sy boek Ateïsme: die saak teen God(1 & 2)

In hierdie artikel beskryf die outeur hoedat hy onverwags in 2007 in ’n debat met die ateïs Armando Pellencin betrokke geraak het en hoedat dit uiteindelik gelei het tot die skryf van hierdie artikel oor ateïsme. Nadat hy in ’n kort intermezzo ’n oorsig oor die opkoms van ateïsme gebied het, lewer d...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: J.H. (Amie) van Wyk
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2013-08-01
Series:In die Skriflig
Subjects:
Online Access:http://www.indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/536
Description
Summary:In hierdie artikel beskryf die outeur hoedat hy onverwags in 2007 in ’n debat met die ateïs Armando Pellencin betrokke geraak het en hoedat dit uiteindelik gelei het tot die skryf van hierdie artikel oor ateïsme. Nadat hy in ’n kort intermezzo ’n oorsig oor die opkoms van ateïsme gebied het, lewer die outeur daarna ’n uiteensetting van die standpunte van Pellencin. In die volgende hoofdeel van die artikel argumenteer die outeur dat Pellencin – asook ander ateïste – nie afdoende en bevredigende antwoorde kan gee op die vyf fundamentele lewensvrae nie. Hierdie fundamentele lewensvrae is die volgende: Hoe verwerf ’n mens kennis (waarheid)?; Waar kom alles vandaan?; Waar gaan alles heen?; Wat is die sin van die lewe?; Hoe kan ’n mens tussen goed en kwaad onderskei? Die outeur konkludeer dat ateïsme, as geloofskeuse en lewens- en wêreldbeskouing faal vanweë die inherente tekortkomings wat aan die reduksionisiese benadering van naturalisme, rasionalisme, positivisme en sciëntisme verbonde is.
ISSN:1018-6441
2305-0853