Die stand van wiskundeonderwys in Afrikaanse skole

Hoërordedenkvaardighede is noodsaaklike basiese vaardighede vir die een-en-twintigste eeu aangesien rekenaars berekeninge en algoritmes baie vinniger en akkurater kan doen as mense. Dit beteken dat skole leerders moet toerus om logies te dink, patrone te ontdek, bewyse te lewer, asook om nieroet...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Gerrit Stols
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 2012-03-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Subjects:
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/336
Description
Summary:Hoërordedenkvaardighede is noodsaaklike basiese vaardighede vir die een-en-twintigste eeu aangesien rekenaars berekeninge en algoritmes baie vinniger en akkurater kan doen as mense. Dit beteken dat skole leerders moet toerus om logies te dink, patrone te ontdek, bewyse te lewer, asook om nieroetineprobleme op te los. Hierdie fasette wat as hoërordedenke geklassifiseer word, is die kern van wiskundige denke en ontwikkeling. Suid-Afrika neem aan verskeie internasionaal vergelykende studies deel. Met behulp van hierdie vergelykende studies kan bepaal word hoe die Afrikaanse wiskundeleerders in Suid-Afrika se prestasie met dié van leerders in ander lande vergelyk en ook wat die tekortkominge in die wiskundeonderwys is. Volgens die 2003-TIMSS-uitslae is die probleem in Afrikaanse skole juis dié vrae wat hoërordedenke vereis. Dit beteken dat die Afrikaanse skole ’n doelbewuste poging sal moet aanwend om hoërordedenke te ontwikkel. Die 1999-TIMSS-videostudie toon dat die lande wat die beste presteer, soos Japan, tydens onderrig meer tyd wy aan die ontwikkeling van begripsvorming en aan die oplos van moeiliker probleme. Die fokus in die presterende lande is op die ontwikkeling van hoërordedenke deur probleemoplossing. Daar word dus minder tyd afgestaan aan herhaling van roetine- of soortgelyke oefeninge wat ’n rekenaar ook kan doen. Die omgekeerde hiervan is ’n tipiese verskynsel in Afrikaanse skole, waar ’n onderwyser byvoorbeeld een of meer voorbeelde op die bord doen waarna die leerders ’n hele aantal soortgelyke roetine-oefeninge doen.
ISSN:0254-3486
2222-4173