Antjie Krog se bundel Mede-wete/Synapse as ’n uitdaging tot nuwe vorme van vergelykende lees

Hierdie artikel lees Antjie Krog se bundel Mede-wete en die Engelse weergawe daarvan Synapse (beide gepubliseer in 2014) teen die agtergrond van Rebecca Walkowitz se voorstel dat die toekoms van die vergelykende literatuurstudie die konsep van uitheemse lesing (foreign reading) sal insluit. In haar...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Louise Viljoen
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2016-07-01
Series:Literator
Subjects:
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1271
Description
Summary:Hierdie artikel lees Antjie Krog se bundel Mede-wete en die Engelse weergawe daarvan Synapse (beide gepubliseer in 2014) teen die agtergrond van Rebecca Walkowitz se voorstel dat die toekoms van die vergelykende literatuurstudie die konsep van uitheemse lesing (foreign reading) sal insluit. In haar bydrae tot die American Association of Comparative Literature se verslag oor die stand van die dissipline van vergelykende literatuurstudie in 2015 (http:// stateofthediscipline.acla.org) argumenteer Walkowitz dat literêre tekste toenemend die wêreld binnekom in verskillende tale en dat dit lesings vereis wat wegbeweeg van die idee dat literêre tekste aan ’n bepaalde taal ‘behoort’, wat ondersoek sal instel na die verskillende maniere waarop hulle gelees word in verskillende tale en wat erken dat literêre tekste bestaan in die ruimte geskep deur ’n taal se verhouding met ander tale. Die artikel neem Walkowitz se observasies as die uitgangspunt vir ’n bespreking van die wyse waarop Krog se bundel (1) die taal Afrikaans vreemd maak sodat dit deel kan word van ’n intergekonnekteerde geheel, (2) daarop aandring dat lesers, kritici en literatore buite die beperkinge van taal-gebaseerde literêre sisteme beweeg, en (3) lesers dwing om verskillende soorte lesings, waaronder gedeeltelike (partial) lesings en deelnemende of samewerkende (collaborative) lesings, te beoefen sodat hulle deel kan word van ’n groter gemeenskap.
ISSN:0258-2279
2219-8237