Toetsing van bekende veranderlikes aangaande die houdings wat deur Setswana T1-sprekende universiteitstudente gehuldig word ten opsigte van hul T1

Vorige taalhoudingstudies onder openbare universiteitstudente in Suid-Afrika, het getoon dat hierdie vyf veranderlikes: geslag; ouderdomsgroep; studiejaar; vlak van studie; en studieveld, studente se houdings teenoor tale beïnvloed. Dus was die doel van hierdie opname om te bepaal of die toetsing va...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Thabo Ditsele
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2017-06-01
Series:Literator
Subjects:
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1301
Description
Summary:Vorige taalhoudingstudies onder openbare universiteitstudente in Suid-Afrika, het getoon dat hierdie vyf veranderlikes: geslag; ouderdomsgroep; studiejaar; vlak van studie; en studieveld, studente se houdings teenoor tale beïnvloed. Dus was die doel van hierdie opname om te bepaal of die toetsing van hierdie veranderlikes op Setswana T1-sprekende universiteitstudente (n = 247), vorige studies sal bevestig, aangesien dit die eerste studie is wat uitsluitlik data insamel onder Setswana T1-sprekende universiteitstudente by vyf universiteite (beide openbare en privaat) in Tshwane en Johannesburg, tot doktorale vlak. Nog nooit vantevore is data ingesamel onder studente by private universiteite in Suid-Afrika nie. Hierdie gaping het veralgemenings in vorige opnames ten opsigte van alle universiteitstudente verswak. Gemengde metodes is gebruik om data, wat geanaliseer is met behulp van gemiddeldes, chi-kwadraattoets en persentasies, in te samel. Die vyf veranderlikes is getoets vir statistiese betekenisvolheid in die beïnvloeding van taalhoudings. Alles behalwe een veranderlike (geslag) het statisties-beduidende verhoudinge (p ≤ 0.05) gehad met ten minste een van die geslote-einde vrae. Oor die algemeen, het die respondente hulle T1 waardeer en dit relevant geag in hul lewens en die samelewing waarin hulle woon.
ISSN:0258-2279
2219-8237