Faktore wat onderwysers se gebruik van GeoGebra vir Wiskundeonderrig beïnvloed

<p>Hierdie studie het ondersoek gedoen na faktore wat onderwysers se gebruik van wiskundesagteware (in hierdie geval GeoGebra) vir onderrig en leer beïnvloed. Deelnemers aan die studie is by wyse van doelsteekproeftrekking geselekteer uit ʼn groep onderwysers wat sagtewareopleiding ontvang het,...

Full description

Bibliographic Details
Main Authors: Gerrit H. Stols, Stephan J. Venter, Elizabeth M. Louw
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: South African Journal of Science and Technology 2016-02-01
Series:South African Journal of Science and Technology
Subjects:
Online Access:http://www.satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/1366
Description
Summary:<p>Hierdie studie het ondersoek gedoen na faktore wat onderwysers se gebruik van wiskundesagteware (in hierdie geval GeoGebra) vir onderrig en leer beïnvloed. Deelnemers aan die studie is by wyse van doelsteekproeftrekking geselekteer uit ʼn groep onderwysers wat sagtewareopleiding ontvang het, toegang tot rekenaars het en met die sagteware vertroud is. Vyf-en-sewentig respondente het die gestruktureerde vraelyste voltooi. Veelvoudige regressie is gebruik om die verhouding tussen die vier konstrukte van die <em>Unified Theory of Acceptance and Use of Technology </em>te ondersoek. Hierdie konstrukte is <em>prestasieverwagting</em>, <em>verwagte inspanning</em>, <em>sosiale invloed</em>, en <em>fasiliterende omstandighede </em>met betrekking tot<em> </em>onderwysers se voorneme om die wiskundesagteware te gebruik. Die studie het bevind dat die kombinasie van die vier bogenoemde konstrukte 30% van die variansie in respondente se <em>voorneme </em>om die<em> </em>sagteware te gebruik verduidelik het. Daar is gevind dat<em> fasiliterende omstandighede </em>nie regstreeks ʼn invloed op mense se gebruik al dan nie van die sagteware het nie, aangesien almal van hulle toegang tot rekenaars het. Onderwysers se voorneme om sagteware te gebruik het geblyk die werklike gebruik van sagteware vir onderrig en leer te voorspel.</p>
ISSN:0254-3486
2222-4173