Kernstappe vir kwaliteitbestuur in die vertaalbedryf en in akademiese vertaalkantore

Taaldienste soos vertaling, redigering en tolking is van kardinale belang in ’n meertalige samelewing en aan ’n hoëronderriginstelling waar die taaldiversiteit van sy personeel en studente erken word. Die vertaling van eksamenvraestelle is ’n voorbeeld van hoërisikovertaling, aangesien ’n onakkurate...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: van Rensburg, Alta
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Stellenbosch University 2017-12-01
Series:Stellenbosch Papers in Linguistics Plus
Subjects:
Online Access:https://spilplus.journals.ac.za/pub/article/view/745
Description
Summary:Taaldienste soos vertaling, redigering en tolking is van kardinale belang in ’n meertalige samelewing en aan ’n hoëronderriginstelling waar die taaldiversiteit van sy personeel en studente erken word. Die vertaling van eksamenvraestelle is ’n voorbeeld van hoërisikovertaling, aangesien ’n onakkurate vertaling studentesukses negatief kan beïnvloed. Foute wat in die vertaling van toetse begaan is (Drugan 2013; Van Dyk, Van Rensburg en Marais 2011) beklemtoon die noodsaaklikheid van kwaliteitbestuur in vertaling. Kwaliteit is egter ’n relatiewe begrip en word op verskillende maniere in die vertaalteorie en in die vertaalbedryf geïnterpreteer. In die vertaalteorie word kwaliteit hoofsaaklik gelykgestel met die assessering van die vertaalproduk, terwyl die fokus in die vertaalbedryf eerder op die produksieproses van die vertaling val om voldoende kwaliteit te verseker (Chesterman en Wagner 2002). Ek het vyf kwaliteitstandaarde vir die vertaalbedryf ontleed en die kernstappe in die kwaliteitbestuurproses in hierdie artikel beskryf. Daardie kwaliteitstandaarde is die Europese EN 15038 Translation services – Service requirements (2006), die Kanadese CAN/CGSB 131.10 Translation services (2008), die internasionale ISO/TS 11669 Translation projects – General guidance (2012), die Amerikaanse ASTM F2575 Standard guide for quality assurance in translation (2014), en die internasionale ISO 17100 Translation services – Requirements for translation services (2015). Verskille en ooreenkomste tussen die siening van kwaliteit in die vertaalbedryf en in die vertaalteorie word uitgewys. In hierdie artikel word die gevolgtrekking gemaak dat akademiese vertaalkantore as gevolg van groot finansiële druk nie al die kernstappe vir kwaliteitbestuur kan toepas nie: Hulle word genoop om die risiko’s en beskikbare hulpbronne teen mekaar op te weeg om die verlangde kwaliteit met slegs die nodige hulpbronne te lewer.
ISSN:2224-3380
1726-541X