’n Visioen van die toekomstige nasie: ’n Kritiese waardering van Emmanuel Ngara se nasionalistiese visie in <i>Songs from the Temple</i>

Hierdie artikel analiseer Emmanuel Ngara se digbundel Songs from the Temple. Die argument word gevoer dat Ngara ’n anti-koloniale, nasionalistiese diskoers in sy gedigte bevorder. Dit problematiseer die hegemoniese, koloniale narratiewe wat te kenne gee dat die swart ondergeskikte nie oor ’n geskied...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Rangarirai A. Musvoto
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2017-06-01
Series:Literator
Subjects:
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/1323
Description
Summary:Hierdie artikel analiseer Emmanuel Ngara se digbundel Songs from the Temple. Die argument word gevoer dat Ngara ’n anti-koloniale, nasionalistiese diskoers in sy gedigte bevorder. Dit problematiseer die hegemoniese, koloniale narratiewe wat te kenne gee dat die swart ondergeskikte nie oor ’n geskiedenis, kultuur of beskawing voor die aankoms van die koloniale indringer beskik het nie. Ngara se hoofstrategie om hierdie aannames te bevraagteken, is om die florerende pre-koloniale kulture van die Shona mense voor te hou. Aan die een kant word hul geskiedenis en kulturele simbole beklemtoon en aan die ander kant die kunselemente van hul mondelinge kultuur. Hierdie artikel redeneer dat die inkorporering van oratuur in Ngara se geskrewe narratiewe van verset, die hegemoniese definisies van geskrewe digkuns ontwrig en ondermyn, alhoewel dit sy nasionalistiese visie in kulturele ruimtes anker, waarmee die swart ondergeskikte moontlik kan identifiseer.
ISSN:0258-2279
2219-8237