Editorial Reviews

Die redaksie is weereens bevoorreg om artikels in hierdie laaste uitgawe van 2011 aan te bied. Soos gewoonlik is die artikels vanuit verskillende tradisies en teologiese dissiplines. Die eerste artikel, geskryf deur H.J.C Pieterse, vorm deel van die projek “Metateore- tiese vertrekpunte in die...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Editorial Office
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2011-07-01
Series:In die Skriflig
Online Access:https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/199
Description
Summary:Die redaksie is weereens bevoorreg om artikels in hierdie laaste uitgawe van 2011 aan te bied. Soos gewoonlik is die artikels vanuit verskillende tradisies en teologiese dissiplines. Die eerste artikel, geskryf deur H.J.C Pieterse, vorm deel van die projek “Metateore- tiese vertrekpunte in die Praktiese Teologie”. Binne die teologiese raamwerk van die projek, naamlik dat ons die werklikheid sien as God wat daarin werksaam is en ook die interpretasie van die praksis vanuit ons teologiese invalshoek benader, handel hierdie artikel oor ’n benadering tot die interpretasie van die praksis, wat deur die ou- teur as ’n hermeneutiese moment gesien word. Tans bestaan daar onder andere die empiriese, hermeneutiese, bevrydingsteologiese en narratiewe benaderings tot die Praktiese Teologie. Die outeur het gekies om vanuit reformatories-teologiese perspektief die herme- neutiese benadering tot die vak te bespreek. Die wetenskapsfiloso- fiese teorieë oor die hermeneutiek, en die hermeneutiese benade- rings tot die Praktiese Teologie van Browning, Dingemans, Heitink en Osmer word bespreek. Die gevolgtrekking is dat praktiese teoloë vanuit ’n reformatoriese perspektief krities by Osmer se benadering kan aansluit. Die artikel is aktueel en lewer ’n goeie bydrae tot die metateorie van die Praktiese Teologie.
ISSN:1018-6441
2305-0853