Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy

By die voltooiing van hierdie studie is dit vir my meer as `n blote formaliteit om vooraf enkele woorde van dank en waardering uit te spreek. Ons doen dit van harte en met die dankbare besef dat God die Gewer van alle goeie gawes is -uit Wie, deur Wie en tot Wie alle dinge is. Mag hierdie studie tot...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Du Plooy, Andries le Roux
Published: Potchefstroom University for Christian Higher Education 2012
Online Access:http://hdl.handle.net/10394/6586
id ndltd-netd.ac.za-oai-union.ndltd.org-nwu-oai-dspace.nwu.ac.za-10394-6586
record_format oai_dc
spelling ndltd-netd.ac.za-oai-union.ndltd.org-nwu-oai-dspace.nwu.ac.za-10394-65862014-04-16T03:53:11ZKerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du PlooyDu Plooy, Andries le RouxBy die voltooiing van hierdie studie is dit vir my meer as `n blote formaliteit om vooraf enkele woorde van dank en waardering uit te spreek. Ons doen dit van harte en met die dankbare besef dat God die Gewer van alle goeie gawes is -uit Wie, deur Wie en tot Wie alle dinge is. Mag hierdie studie tot eer van sy Naam wees! Aan prof. G.P.L. Van der Linde, my hooggeagte promotor, is ek besonder veel verskuldig. Sy bekwame leiding en aanmoediging, asook sy welwillende aandag en persoonlike belangstelling was vir my `n besondere voorreg en `n bron van inspirasie. Hartlike dank! Ek dink ook met piëteit en dankbaarheid terug aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Teologiese Skool Potchefstroom. Die vorming wat ek daar van verskillende professore en dosente ontvang het, het my ook in hierdie studie gelei en sal my altyd bybly. Prof. B. Spoelstra van die Hammanskraalse Teologiese Skool het my as vriend en medegelowige -daarby iemand met `n fyn en kritiese gees en vakkennis -in gesprekke verder geïnspireer en gestimuleer. Met erkentlikheid teenoor die personeel van verskeie biblioteke kon ek met dankbaarheid van hul fasiliteite gebruik maak. Ons verwys na die Ferdinand Postmabiblioteek, die biblioteek Van die Teologiese Skool Potchefstroom, die Merensky-biblioteek en die van die Universiteit van Suid-Afrika. My dank en waardering gaan ook uit na my suster, Magriet Smith. Met toewyding en bekwaamheid het sy aandag aan die taalkundige versorging gegee. Aan Mej. Lucille Muller, my opregte waardering vir die netjiese en deeglike tikwerk, asook vir die goeie samewerking. My vrou verdien besondere vermelding. Haar aandeel in die voltooiing van die studie is veel meer as morele ondersteuning en onderskraging. Ek bedank haar ook vir haar bystand in die taalkundige en tegniese versorging en haar hulp met die opsomming in Engels. Saam met haar moes ook die kinders met minder aandag tevrede wees. Die feit dat my vader `n predikant is (tans emeritus) en my broer `n mede-bedienaar van die Woord, het om begryplike redes veel vir my beteken. Teenoor hulle, veral ook aan my moeder, asook aan my skoonouers en ander familie, betuig ek graag my innige waardering. Sonder hierdie verbondsopvoeding en voortgesette meelewing deur huisgenote van die geloof sou hierdie studie feitlik onmoontlik gewees het. In hierdie verband noem ek graag ook die Gereformeerde kerk Alkantrant; nie net die geleentheid tot studie nie, maar ook die voorbidding en belangstelling wat ek van die kerk ontvang het word grootliks waardeer. Graag erken ek met opregte dank die finansiële steun van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die Kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys.Proefskrif (ThD)--PU vir CHO, 1982.Potchefstroom University for Christian Higher Education2012-05-28T06:13:46Z2012-05-28T06:13:46Z1982Thesishttp://hdl.handle.net/10394/6586
collection NDLTD
sources NDLTD
description By die voltooiing van hierdie studie is dit vir my meer as `n blote formaliteit om vooraf enkele woorde van dank en waardering uit te spreek. Ons doen dit van harte en met die dankbare besef dat God die Gewer van alle goeie gawes is -uit Wie, deur Wie en tot Wie alle dinge is. Mag hierdie studie tot eer van sy Naam wees! Aan prof. G.P.L. Van der Linde, my hooggeagte promotor, is ek besonder veel verskuldig. Sy bekwame leiding en aanmoediging, asook sy welwillende aandag en persoonlike belangstelling was vir my `n besondere voorreg en `n bron van inspirasie. Hartlike dank! Ek dink ook met piëteit en dankbaarheid terug aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Teologiese Skool Potchefstroom. Die vorming wat ek daar van verskillende professore en dosente ontvang het, het my ook in hierdie studie gelei en sal my altyd bybly. Prof. B. Spoelstra van die Hammanskraalse Teologiese Skool het my as vriend en medegelowige -daarby iemand met `n fyn en kritiese gees en vakkennis -in gesprekke verder geïnspireer en gestimuleer. Met erkentlikheid teenoor die personeel van verskeie biblioteke kon ek met dankbaarheid van hul fasiliteite gebruik maak. Ons verwys na die Ferdinand Postmabiblioteek, die biblioteek Van die Teologiese Skool Potchefstroom, die Merensky-biblioteek en die van die Universiteit van Suid-Afrika. My dank en waardering gaan ook uit na my suster, Magriet Smith. Met toewyding en bekwaamheid het sy aandag aan die taalkundige versorging gegee. Aan Mej. Lucille Muller, my opregte waardering vir die netjiese en deeglike tikwerk, asook vir die goeie samewerking. My vrou verdien besondere vermelding. Haar aandeel in die voltooiing van die studie is veel meer as morele ondersteuning en onderskraging. Ek bedank haar ook vir haar bystand in die taalkundige en tegniese versorging en haar hulp met die opsomming in Engels. Saam met haar moes ook die kinders met minder aandag tevrede wees. Die feit dat my vader `n predikant is (tans emeritus) en my broer `n mede-bedienaar van die Woord, het om begryplike redes veel vir my beteken. Teenoor hulle, veral ook aan my moeder, asook aan my skoonouers en ander familie, betuig ek graag my innige waardering. Sonder hierdie verbondsopvoeding en voortgesette meelewing deur huisgenote van die geloof sou hierdie studie feitlik onmoontlik gewees het. In hierdie verband noem ek graag ook die Gereformeerde kerk Alkantrant; nie net die geleentheid tot studie nie, maar ook die voorbidding en belangstelling wat ek van die kerk ontvang het word grootliks waardeer. Graag erken ek met opregte dank die finansiële steun van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die Kuratorium van die Teologiese Skool Potchefstroom en die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys. === Proefskrif (ThD)--PU vir CHO, 1982.
author Du Plooy, Andries le Roux
spellingShingle Du Plooy, Andries le Roux
Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy
author_facet Du Plooy, Andries le Roux
author_sort Du Plooy, Andries le Roux
title Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy
title_short Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy
title_full Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy
title_fullStr Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy
title_full_unstemmed Kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / Andries le Roux du Plooy
title_sort kerkverband : 'n gereformeerd-kerkregtelike studie / andries le roux du plooy
publisher Potchefstroom University for Christian Higher Education
publishDate 2012
url http://hdl.handle.net/10394/6586
work_keys_str_mv AT duplooyandriesleroux kerkverbandngereformeerdkerkregtelikestudieandrieslerouxduplooy
_version_ 1716664017082122240