Openbaarmaking van seksuele misbruik gedurende jong volwassenheid / Amoraal J.

Kinderseksuele misbruik het langtermyneffekte op die persoon wat as kind seksueel misbruik is, en dit kan strek tot in sy of haar jong volwasse jare. Dit is dus belangrik dat daar aandag gegee word aan die nodige ondersteuningsnetwerke/hulpbronne wat beskikbaar is vir jong volwassenes wat slagoffers...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Amoraal, Jomien
Published: North-West University 2012
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10394/7340
Description
Summary:Kinderseksuele misbruik het langtermyneffekte op die persoon wat as kind seksueel misbruik is, en dit kan strek tot in sy of haar jong volwasse jare. Dit is dus belangrik dat daar aandag gegee word aan die nodige ondersteuningsnetwerke/hulpbronne wat beskikbaar is vir jong volwassenes wat slagoffers is van seksuele misbruik tydens hulle kinderjare. Deur te bepaal aan watter persone hierdie slagoffers bereid is om die misbruik te openbaar, kan gebruik gemaak word van eienskappe wat benodig word vir effektiewe openbaarmaking. Met die gemengde kwantitatiewe en kwalitatiewe navoringsontwerp is daar op die tweede– en derdejaar maatskaplike werkstudente van die Noordwes–Universiteit (Potchefstroomkampus) as respondente van die studie gefokus. Daar is gebruik gemaak van ‘n doelgerigte steekproef om respondente te verkry vir die studie en selfopgestelde, groep–geadministreerde vraelyste is aan hulle uitgedeel. Die verkennende navorsingsontwerp is gebruik om meer inligting oor die navorsingsonderwerp te bekom, aangesien daar beperkte inligting beskikbaar is en min navorsing daaroor onderneem is binne die Suid–Afrikaanse opset. Die doel van die studie is om vas te stel watter hulpbronne beskikbaar gestel moet word aan slagoffers van seksuele misbruik tydens hulle kinderjare, sodat hulle vroeër in hulle lewe die misbruik openbaar en die nodige hulp kan verkry vir die trauma wat hulle ervaar het. Dit is uit die bevindings duidelik dat die noodsaaklikheid bestaan vir die bewusmaking onder die gemeenskap om van die beskikbare hulpbronne vir persone wat slagoffers van kinderseksuele misbruik, gebruik te maak. Aanbevelings rakende die inhoud word in die studie uiteengesit en aanbevelings vir verdere navorsing word ook aan die hand gedoen. Die gebruik van bewusmakingsprogramme is noodsaaklik om die gemeenskap in te lig oor die dinamika van kinderseksuele misbruik. === Thesis (M.A. (MW))--North-West University, Potchefstroom Campus, 2012.