Summary: | Thesis (MPhil)-- Stellenbosch University, 2001. === ENGLISH ABSTRACT: This ethical case study of public slaughter has indicated that there is an urgent need to
address the issue of public slaughter, because it has resulted in animosity and polarisation
between black and white people living in the Goldfields. Black people feel that their rights
are violated, and they are not protected by the government because they encounter
problems when practising their rituals. White people feel that the government is not
protecting them from the health hazards caused by black people.
The ultimate aim of the study is to contribute to and amplify the existing body of knowledge
with regard to the extent of the problem experienced by people in the Goldfields, its impact
in their every day lives and to propose guidelines that will help when regulations governing
environmental issues are drawn.
In order to accomplish these aims the following objectives should be realised by this study:
• South Africa is a multi-racial country so a uniting policy is needed.
• Each culture is unique and it has a special value, so no culture must be
marginalised.
• The old policy needs to be revised and amendments made.
• Identify the actual causes of these problems. Are they racist driven or are they
driven by genuine health concerns?
This ethical study also indicates that the following are central values that should inform
decision-making:
• Health.
• Respect and tolerance.
• Communication.
• Participation.
Transparency.
• Commitment.
Based on the findings from the research conducted it is clear that both clashing parties
(black and white people) need to live in peace at the ultimate end although their
description of peaceful life differs, so the following recommendations are made as to how
to address and alleviate problems caused by public slaughter.
• A formal meeting must be convened to discuss this critical issue.
• Drafted proposals must be produced.
• The proposals must be debated.
• The proposal must be adopted.
• The existing bylaws must be changed. === AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie gevallestudie in etiek oor slagtery in die openbaar is bevind dat daar 'n
dringende behoefte bestaan om die probleem van slagtery in die openbaar aan te
spreek, veralomdat dit in die verlede reeds tot spanning en polarisasie tussen
swart en wit groepe in die Goudveld aanleiding gegee het. Swartmense voel dat
hulle regte aangetas word en dat hulle nie genoegsaam deur die owerheid
beskerm word om hulle rituele uit te voer nie. Witmense voel weer dat die
owerheid hulle nie beskerm teen gesondheidsgevare wat geskep word deur
swartmense nie.
Die uiteindelike doel van hierdie ondersoek is om 'n bydrae te lewer tot die
uitbouing van bestaande kennis oor die omvang van die probleem wat mense in
die Goudveld ondervind met slagtery in die openbaar, wat die impak daarvan is
op die alledaagse lewens van mense, en om voorstelle aan die hand te doen wat
gebruik kan word wanneer regulasies opgestel word oor omgewingskwessies
soos hierdie.
Om hierdie oogmerke te bereik sal die volgende punte in hierdie studie aandag
ontvang:
• Suid-Afrika is 'n veelrassige land, so 'n beleid word benodig wat mense
verenig.
• Elke kultuur is uniek en het 'n besondere waarde, dus geen kultuur mag
gemarginaliseer word nie.
• Die bestaande beleid moet hersien en aangepas word.
• Die werklike oorsake van die probleme moet geïdentifiseer word. Is hulle
rassisties van aard, of gebaseer op werklike gesondheidsoorweginge ?
In hierdie etiese studie is ook vasgestel dat die volgende kern-waardes die proses
van besluitneming behoort te beïnvloed:
• Gesondheid.
• Respek en verdraagsaamheid.
• Kommunikasie.
• Deelname.
• Deursigtigheid.
• Verbintenis ("commitment").
Vanuit die bevindinge van die navorsing is dit duidelik dat albei die botsende
partye (swart- en witmense) uiteindelik in vrede met mekaar moet saamleef,
alhoewel hulle omskrywings van 'n vreedsame lewe verskil van mekaar.
Gevolglik is die volgende aanbevelings gemaak om die probleem van slagtery in
die openbaar aan te spreek:
• 'n Formele byeenkoms moet saamgeroep word om die kritiese probleem te
bespreek.
• Skriftelike voorstelle moet vir so 'n byeenkoms opgestel word.
• Die voorstelle moet bespreek word.
• 'n Voorstel moet aanvaar word.
• Die bestaande regulasies moet verander word.
|