The assessment of parent involvement as an aspect of whole school evaluation.

M.Ed. === Hoofstuk een voorsien die agtergrond tot die navorsing asook ‘n beskrywing van die probleme. Dit bevat die doel van die navorsing, die metodologie wat gevolg is en gee ‘n uitklaring van konsepte wat in die navorsing gebruik is. Hoofstuk twee fokus op ‘n uiteensetting van die onderwerp van...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Mestry, Kanagamberry
Published: 2008
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10210/1161
Description
Summary:M.Ed. === Hoofstuk een voorsien die agtergrond tot die navorsing asook ‘n beskrywing van die probleme. Dit bevat die doel van die navorsing, die metodologie wat gevolg is en gee ‘n uitklaring van konsepte wat in die navorsing gebruik is. Hoofstuk twee fokus op ‘n uiteensetting van die onderwerp van die navorsing, naamlik DIE ASSESSERING VAN OUERBETROKKENHEID AS ‘N ASPEK VAN GEHEELSKOOL-EVALUERING. Die doel van die navorsingsprojek was om te bepaal watter aspekte noodsaaklik is vir die doeltreffende betrokkenheid van ouers by skoolbestuur. Om hierdie doel te verwesenlik is ‘n lite ratuurstudie onderneem wat as basis vir die empiriese navorsing gedien het. Die bespreking in hoofstuk twee handel oor die vernaamste vorme van ouerbetrokkenheid, huis-en-skoolinteraksie, die impak van ouerbetrokkenheid by skoolbestuur en die hantering van hindernisse vir doeltreffende ouerbetrokkenheid. Die studie ondersteun die siening dat ouerbetrokkenheid die perspektiewe van onderwysers verbreed en hulle sensitiwiteit vir die uiteenlopende omstandighede van ouers verhoog. Deur die bevordering van ouerbetrokkenheid kan onderwysers kennis en ‘n begrip van kinders se huise, gesinne en buite -skoolbedrywighede bekom wat lei tot hoë vlakke van akademiese prestasie by kinders. Die ontwerp van die navorsingsprojek is in hoofstuk drie uiteengesit. ‘n Beskrywing van die empiriese ondersoek is voorsien. Die vraelys is bespreek en die verloop van die navorsing kortliks aangeraak. Al die vrae met betrekking tot doeltreffende ouerbetrokkenheid het gelei tot gemiddelde tellings tussen 3,73 en 4,59. Die ontled ing en interpretasie van die empiriese data is in hoofstuk vier bespreek. Die konstrukgeldigheid van die navorsingsinstrument is deur middel van twee opeenvolgende faktoranalitiese prosedures ondersoek en sodoende is die 40 items tot twee faktore gereduseer, naamlik: · doeltreffende ouerbetrokkenheid bestaande uit 21 items met ‘n betroubaarheidskoëffisiënt van 0,9129; · doeltreffende kommunikasie bestaande uit 19 items met ‘n betroubaarheidskoëffisiënt van 0,8924. Die statistiese ontleding van die navorsing is beperk tot ‘n vergelyking van een voorbeeld van twee onafhanklike groepe met een voorbeeld van drie of meer onafhanklike groepe. Hipoteses is opgestel en multivariante statistieke gebruik om die data te ontleed en te interpreteer. Na hierdie oorsigtelike opsomming van die aspekte wat in die huidige navorsing aangeraak is, word belangrike bevindings wat uit die navorsing voortspruit gemaak. === Prof. B.R. Grobler