Ondersoek na die afdwinging van nywerheidsooreenkomste, versoeningsraadooreenkomste, vasstellings en bevele van die Nywerheidshof

Text in Afrikaans === In enige arbeidsverhouding bly dit wenslik dat partye hulle onderlinge verpligtinge vrywilliglik sal nakom. Soms is dit nie moontlik vanwee die onderlinge wantroue tussen partye nie en daarom is di t belangrik om te let op wyses van afdwinging van nywerheidsraadooreenkomste...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Van Niekerk, Johannes de Vries
Other Authors: Landman, A.A.
Format: Others
Language:af
Published: 2015
Subjects:
Online Access:http://hdl.handle.net/10500/17741
Description
Summary:Text in Afrikaans === In enige arbeidsverhouding bly dit wenslik dat partye hulle onderlinge verpligtinge vrywilliglik sal nakom. Soms is dit nie moontlik vanwee die onderlinge wantroue tussen partye nie en daarom is di t belangrik om te let op wyses van afdwinging van nywerheidsraadooreenkomste, versoeningsraadooreenkomste en vasstellings en bevele van die Nywerheidshof. Nywerheidsrade en versoeningsrade is die instrumente wat daar gestel is sodat partye onderling kan beding om geskille te voorkom en ooreenkomste van onderlinge belang te beding. Daar is sekere regsgevolge verbonde aan die publikasie van sodanige ooreenkomste en as sodanig word dit as h vorm van ondergeskikte wetgewing beskou. Wat die afdwinging van sodanige ooreenkomste betref speel die strafsanksie h belangrike rol. Ooreenkomste word egter nie noodwendig gepubliseer nie en soms is die strafsanksie ook nie altyd die aangewese een nie. In sodanige gevalle sal daar na siviele sanksies gekyk moet word vir die afdwinging van sodanige ooreenkomste. Daarbenewens maak die Wet ook voorsiening dat sodanige ooreenkomste as h onbillike arbeidspraktyk ~n die Nywerheidshof afgedwing kan word. Die strafsanksie en die siviele sanksie het egter hulle tekortkominge en dus moet dear gekyk word na alternatiewe wyses vir die afdwinging van ooreenkomste. === Constitutional, International & Indigenous Law === LL.M